Anorexia nervosa

Anorexia nervosa
Klassifikasie en eksterne bronne
"Miss A-" afgebeeld in 1866 en na behandeling in 1870. Uit die gepubliseerde mediese geskrifte van sir William Gull.
"Miss A-" afgebeeld in 1866 en na behandeling in 1870. Uit die gepubliseerde mediese geskrifte van sir William Gull.
ICD-10 F50.0-F50.1
ICD-9 307.1
OMIM 606788
DiseasesDB 749
MedlinePlus   000362
eMedicine emerg/34med/144
MeSH D000856
Mediese waarskuwing

Anorexia nervosa (of anoreksie)[1] is 'n eetsteuring wat deur 'n lae gewig, vrees om gewig op te tel, 'n desperate begeerte om maer te wees, en voedselbeperking gekenmerk word.[2] Baie mense met anoreksie beskou hulleself as oorgewig, selfs al is hulle in werklikheid ondergewig.[2][3] Hulle weeg hulleself gereeld, eet net klein hoeveelhede, en eet net sekere kosse. Sommige oefen oormatig, forseer hulleself om te braak of gebruik lakseermiddels om gewigsverlies te bevorder. Komplikasies kan osteoporose, onvrugbaarheid en hartskade insluit.[2] Vroue sal dikwels ophou menstrueer.[4]

  1. Sari Fine Shepphird (2009). 100 Questions & Answers About Anorexia Nervosa. Jones & Bartlett Learning. p. xvi. ISBN 978-1-4496-3079-9.
  2. 2,0 2,1 2,2 "What are Eating Disorders?". NIMH (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 24 Mei 2015.
  3. Attia E (2010). "Anorexia Nervosa: Current Status and Future Directions". Annual Review of Medicine. 61 (1): 425–35. doi:10.1146/annurev.med.050208.200745. PMID 19719398.
  4. Diagnostic and statistical manual of mental disorders : DSM-5 (5 uitg.). Washington: American Psychiatric Publishing. 2013. pp. 338–345. ISBN 978-0-89042-555-8.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search